DIE Fort die Goeie Hoop van Jan van Riebeeck is van klei en klip gebou. Die
Nederlandse koloniste het eers binne die fort in skuilings gewoon, maar spoedig
het hulle hul eie huise gebou. Sulke huise het uit drie kamers met mure van klei of
ru-klip bestaan. Dié mure is gemessel met klei wat van seeskulpe gemaak is. Die
dakke is met riete gedek. |